top of page

Tips / Wenke

Everything to make it easier / Enige iets om dit makliker te maak

-   Please add more / Voeg gerus by  -

Hierdie lys word heeltyd opgegradeer - kom terug en lees weer.​

 

  • Hierdie is nie 'n dieet nie! Dit is 'n leefstyl en moet jy jou hele ingesteldheid oor kos verander;

  • Vergeet van alles wat jy geleer het oor wat 'n "gesonde dieet" behels, soos dat 'n lae vet dieet met baie vrugte en groente gesond is en dat jou liggaam koolhidrate nodig het- dit is eenvoudig nie waar nie;

  • Sny alle suikers, koolhidrate, graan, stysels, peulgroente uit;

  • Eet net natuurlike voedsel. Vermy enigiets wat in 'n fabriek vervaardig is, soos pakkies, boksies, blikke ens. Lees die etiket, as dit wel nodig is om iets in 'n te pakkie / boksie / blikkie te koop bv: sout, room, melk, vette en olies soos klapper- en palm olies; neut meel; klapper;

  • Moenie die vette oordoen nie, maar moenie dit vermy nie. Dis jou energie. Maak kos gaar in botter en klapperolies, eet vet vleisstukke, eet die vet wat saam met kos kom;

  • Vermy geraffineerde groente olies soos sonneblom, canola, soja- en koring olies aangesien dit bydra tot inflammasie;

  • Eet vleis, vis, eiers, groente wat bo die grond groei (ertjies is 'n styselryke groente en moet nie geëet word nie) en natuurlike vette (soos botter);

  • Eet aanvanklik net natuurlike gewone kos, los die bak, brou en eksperimentering totdat jy aangepas is met die lewenstyl;

  • Vir die eerste week konsentreer om die kos op die rooi lys te vermy, daarna eet jy net wat op die groenlys is en soms die geellys. Indien jy egter wil gewig verloor vermy die geellys en bly by die groenlys;

  • Kies snackies oordeelkundig - probeer om dit te beperk tot die eerste week wanneer jou liggaam nog aanpas. Eet neute, biltong, kaas, ens;

  • Wanneer jy suiker en stysels vermy begin jou bloedsuikervlak stabiliseer en daal die vlak van insulien, wat 'n vet stoor hormoon is (diabete benodig minder insulien op die leefstyl);

  • Te veel proteïen kan die oorgang na ketose verhoed omdat die lewer die proteïen in glukose omskep. Die reël gewoonlik hier is minimum 0.8g/kg proteine vir 'n volwassene, meer as jy'n baie aktiewe persoon is. (lw dis die makro voedingstof proteïen en nie vleis nie),  (Kinders het egter meer proteïen nodig om te groei en dit kan soms nodig wees om te bolus vir proteïen);

  • As jy nie vetterige vleissnitte wil eet nie, kan jy 'n bietjie medium ketting trigliseriede (MCT) by jou dieet. (klapperolie is 'n goeie voorbeeld);

  • Met 'n lae koolhidraat dieet begin die insulienweerstandigheid verminder, en daal insulien vlakke vinnig (minder insulien is nodig),

  • Wanneer insulienvlakke daal, behou die niere nie meer vloeistof terug nie en begin vinnig vloeistof vrystel;

  • Aan die begin gaan jy die badkamer gereeld besoek – dit is nodig om meer vloeistof in te neem;

  • Met die verlies van vloeistowwe verloor jy ook natrium(sout) - 'n uiters belangrike elektroliet;

  • Eet meer sout - veral Himalaja soute (pienk sout), voeg 'n bietjie by jou water (net genoeg om dit nie te proe nie);

  • 'n Maklike manier om ekstra natrium (sout) in te kry tesame met magnesium en kalium (on Engels - potassium) is om been aftreksel in te neem - maak sommer jou eie;

  • Die meeste oorgewig mense wat insulien weerstandig is en/of hipertensief  en/of 'n diabeet is, het 'n tekort aan magnesium. Selfs mense met lipied probleme is dikwels gebrekkig magnesium. Kry 'n goeie magnesium aanvulling ("chelate" nie "aspartate" nie);

  • Kalium (potassium) is gekoppel aan natrium. Wanneer jy natrium verloor as gevolg van die diuretiese effek van die lae-koolhidraat dieet, sal jy kalium ook verloor. Indien jy jou natriumvlakke ophou, sal dit ook jou kaliumvlak reg hou;

  • Sluit aan by 'n ondersteuningsgroep en kry 'n "low carb" buddy;

  • Begin stadig, jou liggaam en jou lewe en familie het nodig om aan te pas by hierdie nuwe lewenstyl.

  • Drink wanneer jy dors is en eet wanneer jy honger is;

  • Gebruik 'n  app op  die internet om jou te help om tred te hou met jou voedsel inname;

  • Moenie inkopies gaan doen op ‘n leë maag of wanneer jy honger is nie - dit lei net tot versoekings en jy koop dalk iets wat nie inpas by jou nuwe leefstyl nie;

  • Lees die artikels vir meer wenke.

This will constantly change and stuff added - please come back and review.

 

  • This is not a diet! It is a lifestyle and you need to change your whole mindset;

  • Forget everything you learned about what a “healthy diet” consist of, like eating low fat, lots of fruit and veggies and enough carbs is healthy - it is simply not true;

  • Cut out sugars, carbs, grains, starches, legumes;

  • Cut out non-natural/manufactured foods. Eat real, whole foods. Stop eating anything that is in packages, boxes, tins etc. Read the label, should you need to buy packages/boxes/tins ex: salt, cream, milk, fats and oils (like coconut- and palm oil)  nut flours, coconut, etc;

  • Do not overdo the fats, but do not skimp it either (it's your energy source)- bake and fry in butter and coconut oils, eat fatty meats, eat all the fat that come naturally with food;

  • Eat meat, fish, eggs, vegetables that grow above ground (note peas are a starchy veg and should not be eaten), natural fats (like butter);

  • Do not use refined vegetable oils such as Canola, Safflower, Soy, and Corn as it contributes to inflammation;

  • At first, eat only natural plain foods, leave the baking and experimenting until you are clued up with the lifestyle;

  • For the first week stop eating all the foods on the red list, then go to only the green list and occasionally eat the yellow list (unless you need to lose weight, then only stick to the green list ;

  • Choose snacks wisely - try to limit to the first week only as our body adjust - nuts, biltong, cheese etc;

  • When you avoid sugar and starches your blood sugar stabilizes and the levels of insulin, the fat-storing hormone, drop. If on insulin you will need less insulin;

  • Too much protein will prevent the shift into ketosis because the liver will convert some of the protein into glucose. The rule for protein (not meat, but the macronutrient protein) is about 0.8g/kg weight minimum for an adult (more if you are a very active individual) (Children, however, need more protein to grow and it may sometimes be necessary to bolus for protein);

  • If you don’t like fatty cuts of meat, you can add a little medium-chain triglycerides (MCT) to your diet. (coconut oil is an example);

  • Low-carb diet starts to banish the insulin resistance and insulin level fall quickly. If on insulin you will need less insulin. You will most probably need less metformin. ;

  • And as insulin falls, the stimulus to the kidneys to retain fluids goes away, and the kidneys begin to rapidly release fluid;

  • At first you are going to run to the bathroom a lot – drink more water to compensate;

  • With losing fluids you also lose sodium - an extremely important electrolyte;

  • Eat more salt – especially Himalayan salts. Add some to your water (just enough not to taste it);

  • An easy way to get extra sodium along with magnesium and potassium is by consuming bone broth – make some yourself;

  • Most people who are overweight, insulin resistant and/or hypertensive and/or diabetic are deficient in magnesium. Even people with lipid problems are often magnesium deficient, get a good chelate magnesium (not aspartate);

  • Potassium is linked to sodium. If you lose a lot of sodium through the diuretic effect of the low-carb diet, you’ll ultimately lose a lot of potassium as well. Keeping up your sodium intake as mentioned above will help preserve your potassium as well;

  • Join a support group and get a low carb buddy;

  • Take it slow, our body and your life and family need to adjust to this lifestyle.

  • Drink when thirsty, eat when hungry;

  • Use an app on the internet or your cell phone to track your food.

  • Don’t go shopping when you are hungry –this may lead to temptations - buying a quick snack to curb your hunger pangs;

  • Get more tips in the articles section.

bottom of page