Lae koolhidrate en Tipe 1 diabetes
- wixlchf
- Jan 23, 2016
- 3 min read
“Let food be thy medicine and medicine be thy food”. Hippocrates
Kan 'n Tipe 1 diabeet 'n lae koolhidrate dieet volg?
Die antwoord is JA.
Die liggaam het nie koolhidrate nodig nie. Kinders het ook nie koolhidrate nodig om te groei nie. (Hulle het proteïene nodig) Die brein kry die glukose wat hy nodig het direk van die lewer, waar glukose gestoor word in die vorm van glukogeen.
Geen mens sal vir iemand wat laktose intolerant is melk gee om te drink nie. Nou hoekom vir iemand wie se liggaam nie koolhidrate kan hanteer nie, koolhidrate gee? Koolhidrate het '’n wesenlike invloed op bloedsuiker. Dis dan net logies daarom wat so ’n invloed het op bloedsuiker te verminder. Wanneer die beginsel gebruik word - spuit insulien vir die hoeveelheid koolhidrate wat geëet word ("carb ratio"/ koolhidraat verhouding), is dit berekende raaiskoot. Daar is net te veel faktore wat 'n bydrae lewer tot die vlak van bloedsuiker om so raaiskoot te neem. (faktore wat insluit insulien absorpsie, oefening, siekte, koolhidrate telling wat verkeerd bereken word.) Die gevolg is 'n op en af mallemeule bloedsuiker patroon, met baie hipoglukemiese en hiperglukemiese episodes. (Lae- en hoë bloedsuiker)
Selfs al word 'n lae GI - dieet gevolg, is bloedsuiker patroon nie stabiel nie. By ’n lae GI dieet word lae GI-telling koolhidrate wel in bloedglukose omgesit – dit neem net langer. Baie keer word insulien ingespuit vir die koolhidrate wat geëet word en dan kom die piektyd van die insulien nie ooreen met die piektyd wanneer die glukose die bloed bereik nie. ’n Lae GI dieet kan gevolglik amper meer hipoglukemiese (lae bloedsuiker) episodes tot gevolg hê.
Wanneer 'n lae koolhidraat dieet egter gevolg word, kry mens die meeste van die tyd 'n stabiele bloedsuiker patroon. Die minimum hiperglukemiese en hipoglukemiese episodes kom voor. Persone wat 'n lae koolhidraat dieet volg rapporteer ook 'n helderheid van verstand wanneer hulle 'n hipoglukemiese (lae bloedsuiker) episode kry, wat nie die geval was met 'n hoë koolhidraat dieet nie.

Photo credit: RD Dikeman
DIE ROL VAN KOOLHIDRATE
Wanneer 'n hoë koolhidraat dieet gevolg word is die liggaam en brein afhanklik van glukose vir energie. Die lewer stoor ongeveer net 100g tot 120g glukogeen, (minder by kinders) wat omgesit kan word in glukose en vrygelaat word in die bloed vir die brein en organe Dit hou net ongeveer 22 uur. Die spiere kan tot 400g glukogeen stoor, maar dit kan net deur die spiere gebruik word en kan nie in die bloed vrygelaat word nie vir ander gebruik nie.
By ’n hipoglukemiese episode, is daar te min koolhidrate (te veel insulien) en die liggaam ervaar 'n hongersnood. Die brein wat afhanklik is van glukose kan nie ordentlik funksioneer nie en die persoon ervaar ’n "dofheid". Hulle kan gewoonlik nie onthou wat tydens so episode gebeur nie.
DIE ROL VAN VET EN KETONE/KETOONLIGGAME
Wanneer ’n lae koolhidraat hoë vet (LKHV) dieet gevolg word kry die liggaam sy energie van vet wat omgesit is in ketoonliggame in die liggaam. Soos reeds gesien het die liggaam ’n beperkte bron van energie uit glukose, maar ’n amper onbeperkte bron uit vet. Die brein raak gewoond daaraan om energie te kry van ketone en is nie meer afhanklik van glukose vir energie nie.
Tydens ’n lae suiker / hipoglukemiese episode behou die brein sy funksies want hy kry sy energie van ketone af en nie van glukose af nie.
’n Lae koolhidraat hoë vet (LKHV) dieet kan dus met sukses deur persone met Tipe 1 diabetes gebruik word.
KINDERS EN TIPE 1 DIABETES
’n Lae koolhidraat hoë vet (LKHV) dieet kan ook met sukses deur kinders met Tipe 1 (of selfs tipe 2) gevolg word.
Honderde kinders op die Facebook groep Typeonegrid – het bewys dat dit moontlik is om HbA1c's van onder 6% te kry deur minder as 30g koolhidrate per dag te eet.
Dr. Richard Bernstein beveel aan dat kinders meer proteïene eet omdat hulle dit nodig het om te groei. Omdat proteïene ook omsit in die liggaam moet egter daarvoor voorsiening gemaak word wanneer ingespuit word. (’n volgende blog-bespreking sal meer aandag gee aan proteïene)
Kath Megaw in die boek van Vickie de Beer (Low carb solutions for diabetics) gee in die boek ’n mooi uiteensetting van wat die verkillende porsie groottes moet wees vir peuters, kleuters, laerskoolkinders en tieners behoort te wees.

Bronne:
Bernstein, RK, Dr. Bernstein’s Diabetes Solution The Complete Guide to Achieving Normal Blood Sugars
De Beer, Vickie & Megaw, Kath – The low carb solution for diabetics
http://fitteru.us/2015/05/putting-the-devil-diabetes-behind-me/
http://fitteru.us/2015/09/resolving-or-preventing-type-2-diabetes/
http://optimisingnutrition.com/2015/03/22/diabetes-102/
http://optimisingnutrition.com/2015/03/22/ketosis-the-cure-for-diabetes/
http://wlfi.com/2014/11/19/expert-diabetes-doesnt-have-to-be-a-lifelong-struggle/
http://www.diabetes-book.com/read-online-diabetes-solution/
http://www.dietdoctor.com/low-carb-manage-type-1-diabetes
http://www.drchatterjee.co.uk/blog/11-ways-to-reverse-diabetes.cfm
http://www.drchatterjee.co.uk/blog/low-fat-eating.cfm
http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmed/16454166 A low carbohydrate diet in type 1 diabetes: clinical experience--a brief report.
http://www.thefatemperor.com/
https://intensivedietarymanagement.com/lchf-for-type-1-diabetes/
https://intensivedietarymanagement.com/lchf-for-type-1-diabetes/
https://optimisingnutrition.wordpress.com/2015/08/17/balancing-diet-and-diabetes-medications/
https://www.facebook.com/groups/660633730675058/
https://www.facebook.com/Type1Grit/?fref=ts
Comments